Script TitlePad na ‘n Reeksmoordenaar (Road to a Serial Killer)
Full NameErna Muller
CompanyNot applicable
EmailEmail hidden; Javascript is required.
Mobile Number(081) 306-6998
Main Category / Project TypeFilm
Sub-CategoryFeature
Genre(s)
  • Mystery
  • Thriller
Language
  • Afrikaans
Logline

Jo skryf ‘n projek en raak slaags met die B1 Butcher. Die storie is gebaseer op die reeksmoordenaar in Namibië wat vroue vermoor en hul afgesnyde ledemate en koppe naby hoofpaaie versteek het.
(Jo writes a project and clashes with the B1 Butcher. The story is based on the serial killer in Namibia who murdered women and dumped their dismembered and decapitated bodies along main roads.

Elevator Pitch

Die storie is gebaseer op die reeksmoordenaar in Namibië, deur die media die “BI Butcher” gedoop, wat tussen 2005 en 2007 ten minste vyf vroue vermoor en onthoof het en met afgesnyde ledemate langs ‘n hoofpad gelos is. Dit het die hele land in vrees en paniek gedompel.
Nadat die derde in stukke gesnyde lyk ontdek word langs ‘n hoofpad, kies Jo Snyman (18 jaar) die tema vir haar eindeksamenprojek in die vak Lewensoriëntering om navorsing te doen oor die algemene kenmerke van reeksmoordenaars.
Wanneer ‘n huishulp in hulle straat in Windhoek verdwyn en die liggaamsdele van ‘n volgende slagoffer langs ‘n hoofpad ontdek word, gaan Jo polisie toe. Die oorwerkte polisie kan nie dadelik aandag gee aan haar geval nie en Jo soek hulp by FP, ‘n privaatspeurder.
FP besluit om haar te help. Hulle teken ‘n kontrak om die beloning van die polisie te deel, vir inligting wat tot inhegtenisname lei. Jo se werklose pa verdwyn naby die plek waar die volgende lyksdele ontdek word. FP deel Jo mee dat die soektog te gevaarlik word, dat hulle dit liewer aan die polisie moet oorlaat, en dat sy haar projek teoreties moet voltooi.
Jo ontdek wie die reeksmoordenaar is, skryf die inligting in haar projek, en oorhandig dit aan Liana, haar onderwyseres, om na die polisie te neem. Liana verdwyn.
Bedryf III gaan oor die jaagtog deur Jo, FP en nog ‘n matriekleerling om Liana te vind en betyds uit die kloue van die reeksmoordenaar te red.

Stage of DevelopmentFully developed
Page Count103
Reason for ListingSell the script (only fully developed scripts)
Awards / Funding

No.

Created ByErna Muller